Lyfstraf in skole

1888 spotprent van J. S. Kerr, 'n Australiese voorstander van lyfstraf met 'n rottang.

Lyfstraf in skole verwys na doelbewuste pyn of ongemak wat veroorsaak word in reaksie op ongewenste gedrag van studente in skole. Dit behels dat die student óf oor die boude[1] of op die hande,[2] met 'n voorwerp geslaan word -  soos 'n rottang, houtplank, pantoffel, leerband of hout maatstok. Dis minder algemeen, maar sluit ook pakslae met die plathand in; veral op laerskool vlak.

In die Engelssprekende wêreld is die gebruik van lyfstraf deur skole histories geregverdig deur die gemene reg teorie in loco parentis, waardeur onderwysers beskou word as gesagsfigure met dieselfde regte as ouers om kinders in hul sorg te straf.

Voorstanders van skool lyfstraf argumenteer dat dit 'n onmiddellike reaksie op die gebrek aan dissipline is en dat die student vinnig terugkeer na die klaskamer , eerder as om skorsing uit die skool toe te pas. Teenstanders, insluitend 'n aantal mediese- en sielkundige verenigings, saam met menseregtegroepe, argumenteer dat fisiese straf oneffektief is oor die langtermyn, inmeng met leer, lei tot anti-sosiale gedrag sowel as verskeie vorms van geestesspanning, en 'n vorm van geweld is wat die regte van kinders skend.

Pole het in 1783 die eerste nasie geword om lyfstraf te verbied in skole. Van 2015 het die meeste ontwikkelde lande die praktyk afgeskaf, met die uitsondering van sommige dele van die VSA, sommige Australiese state en Singapoer. Dit is nog in algemene gebruik in 'n aantal lande in Afrika en Asië. Sedert 1986 is dit verbied in Britse openbare skole.

  1. See e.g.
  2. "Toronto abolishes the strap".

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search